29 Julie 2009 van 9:00-15:00
Die Strandveld Pub & Grill, Baardskeerdersbos
Die Forum stel hom ten doel om die uitdagings te bespreek wat die bedryf in die gesig staar weens die resessie, asook gemeenskaplike kwessies en strategieë om uitdagings die hoof te bied. Die volgende kort aanbiedings sal as agtergrond dien vir besprekings:
– Bekendstelling van die vereniging van Proteaprodusente van Suid Afrika (PPSA) deur Marius Huysamer
– Lisensiëring in die toekoms deur Tierck Hoekstra van CapeNature
– Volhoubare oespraktyke deur Roger Bailey, Wilhelm Rabe en Frieda Lloyd van die Flower Valley-bewaringstrust.
R.S.V.P teen Vrydag, 24 Julie 2009: Marianna Afrikaner, tel. 028-3880713 of e-pos mafrikaner@flowervalley.co.za. Navrae: Marianna Afrikaner